top of page


Die Groot Teepartytjie
Ek het al die uitrustings reg gehad. In my kop was die draaiboek perfek uitgedink: ek en my kleinsussie in die fynste prinsesrokke met plastiekkrone wat skuins op ons koppe sit. Ons sou op die tapyt sit en Barbie-poppe met mekaar laat gesels, hul hare kam en vir hulle deftige stemmetjies gee. Ek sou die juffrou wees wat voor ’n ry teddiebere staan, en my sussie sou die blinkoog-leerder in die voorste ry wees wat haar hand vurig opsteek. Ek het selfs geglo ons sou eendag saam
Aug 64 min read


'n Pa se Vakansie
Ek het alles presies uitgewerk. In my kop was die fliek reeds maande lank aan die speel: die reuk van die soutwater, die skree van die seemeeue en ek en my laaitie wat hand-aan-hand die branders stormloop. Ek sou hom leer swem. Ek sou hom wys hoe om die perfekte sandkasteel te bou, kompleet met 'n diep grag en 'n skulp-vlag op die hoogste toring. Ek het onsself gesien op helderkleurige body boards, waar ons die perfekte golf vang en met harde uitroepe van pure adrenalien op d
Jul 283 min read


Klankdroom
Ons seuntjie is in 2021 gebore. Doofstom, maar propvol liefde. In die stilte van jou eie klein heelal waar geen stem of klank ooit binneval het ons jou sag in ons arms geneem 'n wêreld sonder woorde, skynbaar vreemd. Jou lippies beweeg sonder geluid maar jou oë roep die helder môre uit Ons het geweet van die heel eerste dag ons liefde praat harder as 'n stem se krag. Ons hande word nou jou eie stem wat die stilte met sagte gebare tem Ons dans op die ritme van die klop in jou
Jul 201 min read


Koeie op rollercoasters
Breytenbach, Totius, Langenhoven... Ek het altyd ’n baie spesifieke droom gehad oor my lewe as ’n ma. In hierdie idilliese prentjie sit ek op ’n reënerige middag op die bed, ’n warm koppie tee in die hand. My pragtige kind sit knus teenaan my en lees die skone letterkunde met passie en vloeiendheid voor. Die sonlig skyn net reg, die atmosfeer is gevul met intellektuele stimulasie, en die alfabet maak volmaakte, harmonieuse sin. In my droom is daar 'n worshondjie wat kalm op d
Jul 43 min read


Perfek
Ek word wakker nog voor die wekker lui. Nie met die gewone oom-wat-40-Peter Stuvesant’s-rook-hoes of hare wat lyk soos ’n voëlnes wat deur ’n weerligstraal getref is nie. Nee, ek sit regop met perfekte grimering, vars asem, en sonder daardie permanente donker kringe onder my oë wat gewoonlik lyk asof ek deel is van ’n geheime boksgeveg-nagklub. Ek staan voor my kas en maak nie saak wat ek van die hanger afhaal nie, ek lyk perfek aanmekaar gesit. My metabolisme hardloop vinnig
Jun 102 min read


Superman
Ek kan alle krom pype reguit buig met bonatuurlike krag in my arms. Ek kan stukkende karre met die knip van my linkeroog weer laat klink soos 'n spliknuwe Ford. Vir my hele familie, en eintlik die hele dorp, is ek die man met die goue hande. Mense bring vir my horlosies wat twintig jaar gelede opgehou tik het, en binne vyf minute sing die ratte weer teen 'n pols. Ek sit stukkende tafels aanmekaar sonder lym. Ek dwing gebarste mure met een stewige druk van my handpalms terug i
May 293 min read


Lieg
"Hi! Lekker om jou te sien! Hoe gaan dit?" "Hello! Dit gaan so goed en met jou?" Dit gaan nie regtig goed nie, Katryn. Dit gaan eintlik kak. My dogter is nou uit skool nommer 3 geskors... hierdie keer omdat sy haar hand onder 'n ander meisie se rok ingedruk het. Ek vermoed my man speel "gholf" in die ontvangsdame se slaapkamer. Ek het R2871 in my bankrekening en ek moet ten minste nog R4000 se pille koop die maand. "Ag, maar jy is so bevoorreg om jou kind by die huis te kan o
May 63 min read


Om te spring
Ek kyk na die karre en mense wat soos miere in die straat warrel. Vanaf die 12de verdieping lyk hulle werklik klein en nietig. Ek maak my oë toe en dink aan die vryheid wat die wind teen my wange sal vryf as ek sou spring. Ek wonder of dit sal seer wees. Die oomblik wat jou lyf die sement tref. En is dit seerder as die wete dat jou kind nie die vermoë het om te kan lag nie? Voel jy as jou bene breek? Is dit erger as die oordeel in jou man se oë as jou drie-jarige eenvoudig ni
May 33 min read
bottom of page