Klankdroom
- Jul 20
- 1 min read
Ons seuntjie is in 2021 gebore. Doofstom, maar propvol liefde.

In die stilte van jou eie klein heelal
waar geen stem of klank ooit binneval
het ons jou sag in ons arms geneem
'n wêreld sonder woorde, skynbaar vreemd.
Jou lippies beweeg sonder geluid
maar jou oë roep die helder môre uit
Ons het geweet van die heel eerste dag
ons liefde praat harder as 'n stem se krag.
Ons hande word nou jou eie stem
wat die stilte met sagte gebare tem
Ons dans op die ritme van die klop in jou bors
en les met geduld jou lewensdors.
Ons bou vir jou brûe waar raserige strate loop
en kleur jou wêreld in met tasbare hoop
Geen droom is te ver, geen pad te styl
ons sal die hele wêreld vir jou glimlag ruil.
Jy praat met jou vingers, jy hoor met jou hart
en saam stap ons vreesloos deur elke part
Want oral is nie klank wat deur ore stroom
maar ‘n huis vol liefde en ‘n vrye droom.
Droom. Digkuns. 2024.
Nederland.
Comments