
Neuro-
NIS
Om 'n ouer te wees is nie vir sissies nie. Om 'n kind te hê wat neurologiese uitdagings het, is nie 'n kersie op enige koek nie. ASD. BPND. NIS. PDA. ADHD. SPD. DLD. Die afkortings en akronieme maak mens so deurmekaar soos 'n vlieg in 'n swietswinkel. Die medikasies en voorskrifte laat jou in angssweet uitslaan en bring verligting op dieselfde oomblikke en dan in intervalle. Dit is om 'n rondtomtalie terugwaarts te ry. En onderstebo. En dan glad nie. Daar is glimlagte van bemoediging, maar ook oordeel in familiegesprekke en jammer-kyke van vreemdelinge in winkels en ongemaklike gesprekke in skoolkantore en klaskamers.... Niks is maklik of eenvoudig nie. In die soeke na antwoorde en oplossings en verduidelikings, op soek na die NIS, is hierdie projek gebore. So hier skryf ons gevoelens los, praat ons met kenners, kry ons opinies, leer ons van mekaar, voed ons op, deel ons kennis en die belangrikste van alles: voel ons nooit alleen in die stryd nie.
_0001%202.png)
_2026-02-11_11-00-30%202.png)
_0002%205.png)
Ons is ouers. Ons is vriende. Ons is kenners. Ons is kinders. Ons is normaal en ook nie. Ons is die stories wat in ongemak gebore is en in spreekkamers en kussingslope en motors uitgehuil is. Ons is Neuro-niste.
_2026-02-11_11-00-30%206.png)
%20.png)
_0003%202.png)
_2026-02-11_11-00-30%204.png)
3
Dit kom nog...
Dit kom nog...
2
Knapie's Journey
Persoonlike blog en ondersteuningsprogramme.
Amanda Lindeque
epos: knapiesjourney@gmail.com
Skakel: https://buff-orchid-pfr9ks.mystrikingly.com
1
Elkeen het 'n storie, ken jy myne?
Persoonlike blog (lewe met kind op die outisme spektrum)
Elmien Smit
epos: smitmiena@yahoo.co.uk
Skakel: https://www.facebook.com/share/1PomKCwK9n/
Lees Meer...
Laat jou stem hoor
Wat dink jy?