top of page


aDhdeeeeEEEEE
ADHdeeeeee adHd. Adhd. ahdh In 'n wêreld waar die reëls so netjies pas, raak alles in my kop gereeld deurmekaar veras. Daar is vyf dinge wat vir almal logies lyk, maar my gedagtes laat dit bloot in chaos wyk. Die eerste is die horlosie teen die muur, wat ritme gee aan elke koue uur. Vir die wêreld tik dit reëlmaat en geduld, vir my is tyd 'n monster vol van skuld. Die tweede is die stoel en stilte in die klas, waar elkeen insit soos 'n netjiese pas. Om stil te sit is vir di
Jul 241 min read


Klankdroom
Ons seuntjie is in 2021 gebore. Doofstom, maar propvol liefde. In die stilte van jou eie klein heelal waar geen stem of klank ooit binneval het ons jou sag in ons arms geneem 'n wêreld sonder woorde, skynbaar vreemd. Jou lippies beweeg sonder geluid maar jou oë roep die helder môre uit Ons het geweet van die heel eerste dag ons liefde praat harder as 'n stem se krag. Ons hande word nou jou eie stem wat die stilte met sagte gebare tem Ons dans op die ritme van die klop in jou
Jul 201 min read


Onwelkom
Toe skaduwees verdwaal het in hospitaalgange Toe die dood sy gesig teen die venster kom druk het Toe trane droog geword het op Netcare-kussingslope Toe die toekoms oor my kind onseker was was ek daar. Toe verpleegstershande my baken van hoop was Toe die blomme pap geword het in generiese vase Toe die hartmonitor se ritme jou gebed geword het Toe ‘n klein lyfie verbete geveg het was ek daar. Toe ‘n babastoeltjie eindelik in ‘n kar gelaai is Toe ‘n houtbedjie eindelik ‘n as
Jun 262 min read
bottom of page