top of page

aDhdeeeeEEEEE

  • Jul 24
  • 1 min read

ADHdeeeeee

adHd. Adhd. ahdh

In 'n wêreld waar die reëls so netjies pas,

raak alles in my kop gereeld deurmekaar veras.

Daar is vyf dinge wat vir almal logies lyk,

maar my gedagtes laat dit bloot in chaos wyk.


Die eerste is die horlosie teen die muur, wat ritme

gee aan elke koue uur.

Vir die wêreld tik

dit reëlmaat en geduld, vir my is tyd 'n monster vol van skuld.


Die tweede is die stoel en stilte in die klas, waar

elkeen insit soos 'n netjiese pas.

Om stil te sit is vir die wêreld bitter min,

maar my lyf wil heeltyd met die wind besin.


Die derde is 'n opdrag wat die juffrou gee, een rympie, twee stappe,

reguit op die breë treë ADHdeeeee.

Die wêreld hoor die pad en stap dit dadelik na,

terwyl my brein nog oor die eerste woord gaan vra.


Die vierde is die orde van 'n skoon kamer, waar elke speelding rus

sonder 'n gehamer.

Die wêreld sien 'n rustigheid in elke netjiese

kas, maar my oë sien net kleure wat my aandag houvas.


Die vyfde is om wag te wees vir jou eie beurt,

'n reël wat die lewe met geduld inkleur en ADhdeeeeeee

Die wêreld wag uniek en rustig in 'n ry,

maar my gedagtes hardloop lankal vooruit, verby.


Die wêreld dink dis maklik om net so te wees,

om riglyne te volg sonder enige vrees.

Maar in my ADHD-kop is alles ‘n geveg,

waar die gewone dinge selde

uitkom

reg.

Ware Verhaal. Digkuns. 2023.

Volwasse ADHD. Kanada. 


Comments


bottom of page