top of page


aDhdeeeeEEEEE
ADHdeeeeee adHd. Adhd. ahdh In 'n wêreld waar die reëls so netjies pas, raak alles in my kop gereeld deurmekaar veras. Daar is vyf dinge wat vir almal logies lyk, maar my gedagtes laat dit bloot in chaos wyk. Die eerste is die horlosie teen die muur, wat ritme gee aan elke koue uur. Vir die wêreld tik dit reëlmaat en geduld, vir my is tyd 'n monster vol van skuld. Die tweede is die stoel en stilte in die klas, waar elkeen insit soos 'n netjiese pas. Om stil te sit is vir di
Jul 241 min read


Waar is die juffrou?
As ’n onderwyseres het ek altyd die antwoord in die handboek gaan soek. Ek kon vir jou die volledige Krebs-siklus uitlê, die reëls van Mendel se genetiese oorerwing opnoem, of die presiese hormonale biochemie van ’n deursnee-tiener in die hitte van ’n detensieklas ontleed. Ek was nie sommer net ’n juffrou nie; ek was ’n gebore opvoeder. My gunsteling-habitat was die klaskamer, en my gunsteling-spesie was die "stroomop-kinders" – daardie rebelse siele wat ander onderwysers gry
Jul 123 min read


Die Ek-Etiket
Hier is ek. Vrou. Survivor. Draer van allerhande etikette. Blond, maar nie dom nie. Maer, maar nie honger nie. Taalliefhebber, maar nie puris nie. Konserwatief, maar oopkop. Dit is wie ek nog altyd is. Was. Nee, IS. Ek is wie ek nog altyd was, maar ek is ook sterker en meer bewus as vantevore. Ryker. Meer ervare. Ek weet sonder twyfel: ek pas nie in ’n boksie nie. Ek het nog nooit nie. Nie ek nie, en nog minder my kind. As ma van ’n neurodiverse kind leef ek daagliks in ’n
Jun 303 min read


Wie is ek NIE?
Ek is NIE mal nie. Ek is nie NET 'n ma nie.
Jun 183 min read
bottom of page