top of page


As eet 'n oorlog is...
Vir die meeste gesinne is etenstyd ’n sosiale en gesellige geleentheid. Maar vir ouers van ’n kind met sensoriese smaaksensitiwiteit kan elke maaltyd soos ’n loopgrawestryd voel. Dit wat lyk na ’n "stoute" of "bedorwe" fynproewer, is dikwels ’n kind wat fisies en emosioneel oorweldig word deur die kos op hul bord. Sensoriese smaaksensitiwiteit—dikwels gekoppel aan Sensoriese Prosesseringsatologie (SPD) of neuro-diversiteit soos outisme en ADHD—beteken die brein verwerk die st
May 234 min read


Liewe Kind
Ek skryf vandag hierdie brief vir jou, selfs al is jy dalk nog te jonk om al die woorde te verstaan. Ek skryf dit omdat my hart propvol is, en ek wil hê jy moet eendag weet wat binne-in my aangaan. Ek moet vandag teenoor jou eerlik wees oor iets wat my baie swaar laat voel. Soms raak ek vreeslik gefrustreerd. Daardie frustrasie is nie omdat ek vir jou kwaad is nie, maar omdat ek myself so magteloos voel. Dit breek my hart om te erken dat ek jou dikwels net nie verstaan nie. J
May 193 min read


Woensdag
Die oggendlig het sag deur die kombuisvenster geval, maar vir Elsabé het die stilte geklink soos die tikkende tydbom wat sy al jare lank in haar eie huis probeer hanteer. Op die bank het Liam gesit. Hy is sestien, met die skouers van 'n volwasse man, maar die emosionele regulasie van 'n kleuter. Liam is op die outismespektrum, gediagnoseer met ernstige sensoriese prosesseringsversteuring en periodieke plofbare woedebuite. Vir buitestaanders was hy net 'n "moeilike" of "ongema
May 163 min read


Om dit te sê
Hy het nooit ophou huil nie. Hy het geborsvoed vir 20 minute, maar die keelklanke het tussen elke sluk my oordrom geslaan. En dan het hy geskree tot hy so moeg was dat hy nie meer die slaap kon keer nie. Maar net vir 20 minute op ‘n slag. Dan het hy weer gegil. Ek wou al soos Sylvia Plath my kop in die oond druk. Nie om iemand te traumatiseer of soos Griet in haar sprokie in ‘n kakkerlak vas te kyk nie, maar om te weet of dit stiller sou wees daarbinne. Die yskas het niks geh
May 122 min read


Die genade van 'n glimlag
Ek drink my koffie en die trane stroom oor my wange. My sestienjarige sit wydsbeen op die mat en speel Lego. Hy is in sy eie wêreld, baie ver verwyder van die huis waar ons nou sit. Ek huil sonder klank, terwyl ek sien hoe ‘n trein of worshond uit blokkies gevorm word. Kyk, ek wil nie meer kwyl van my sestienjarige se mond afvee nie. Ek wil nie nog chicken nuggets maak nie, al weet ek hy gaan niks anders eet nie. Ek wil nie die toilet vir die derde keer skoonmaak nie. Ek ver
May 93 min read


Lieg
"Hi! Lekker om jou te sien! Hoe gaan dit?" "Hello! Dit gaan so goed en met jou?" Dit gaan nie regtig goed nie, Katryn. Dit gaan eintlik kak. My dogter is nou uit skool nommer 3 geskors... hierdie keer omdat sy haar hand onder 'n ander meisie se rok ingedruk het. Ek vermoed my man speel "gholf" in die ontvangsdame se slaapkamer. Ek het R2871 in my bankrekening en ek moet ten minste nog R4000 se pille koop die maand. "Ag, maar jy is so bevoorreg om jou kind by die huis te kan o
May 63 min read


Om te spring
Ek kyk na die karre en mense wat soos miere in die straat warrel. Vanaf die 12de verdieping lyk hulle werklik klein en nietig. Ek maak my oë toe en dink aan die vryheid wat die wind teen my wange sal vryf as ek sou spring. Ek wonder of dit sal seer wees. Die oomblik wat jou lyf die sement tref. En is dit seerder as die wete dat jou kind nie die vermoë het om te kan lag nie? Voel jy as jou bene breek? Is dit erger as die oordeel in jou man se oë as jou drie-jarige eenvoudig ni
May 33 min read


Moeg
Daar is moeg en dan is daar m.o.e.g. Ek was al telkemale in my lewe moeg. Na vier (of twaalf?) pienk, aarbei-gegeurde, gevaarlike botteltjies vol vodka en soda en 4 ure se slaap het ek ‘n CIL201 vraestel op universiteit gaan skryf. Ek was moeg. Tydens my swangerskap het ek amper aan die slaap geraak terwyl ek besig was om kerrie en rys te maak. Let wel, ek het voor die stoof gestaan, gewapen met ‘n houtlepel en ‘n boksie Rajah kerriepoeier, toe my oë net eenvoudig toegeslaan
Apr 253 min read


Stilte
Dit vat 'n ouer om te weet hoe 'n "belaaide" stilte voel. Of ruik. Ek het al stilte geruik. Dit was al die tyd 'n peuter wat besluit het om die muur te verf met die boerboelagtige-baster (Buks) se... kom ons noem dit maar "besonderse groot meesterstuk". Klein neusies is duidelik nie senstitief vir 'n karnavoriese dieet van 'n brak wat vreet soos 'n blou walvis nie. Ekskuus BRAK. Dit was 'n GROOT hond, met GROOT dro...me. Kom ons noem dit maar "drome". Teen die tyd wat ek die
Mar 263 min read


Pille en Brille
Hy was as kleuter reeds 'n kreatiewe kind. Die bank was 'n seerowerskip en die kussings het tentakels gehad wat ten alle koste getem moes word. 'n Ou lap uit die kombuislaai het 'n kopdoek geword en uit 'n ou rek is 'n oogklap gevorm. [Camcolit, 400mg, 1 tablet, 2 keer per dag]. Ek het dikwels in stille verwondering gesit en kyk hoe 'n handoek 'n toorkunstenaar se toga word, 'n paplepel die stok waaruit 'n haas uit 'n ou pet getrek moes word. Die woorde is gebore uit 'n wonde
Mar 233 min read


Die Blou Beker
Iewers, lank, lank gelede het ek vir my ma 'n blou beker gegee vir Moedersdag. Of dalk was dit Kersfees. Of dalk het ek dit sommer by een van my laerskool se entrepreneursdae gekoop. Dalk was daar grillerige jellie-swiets in wat deur vuil kinderhande, wat wriemel van bakterieë, met liefde, in bekers gegooi en toe op 'n basaar verkoop is. Julle weet waarvan ek praat. 'n Fondsinsameling vir iemand se rolstoel, of goiter-operasie, of nuwe afdak wat deur die hael verwoes is. Hoe
Mar 203 min read
bottom of page