top of page


Waar is die juffrou?
As ’n onderwyseres het ek altyd die antwoord in die handboek gaan soek. Ek kon vir jou die volledige Krebs-siklus uitlê, die reëls van Mendel se genetiese oorerwing opnoem, of die presiese hormonale biochemie van ’n deursnee-tiener in die hitte van ’n detensieklas ontleed. Ek was nie sommer net ’n juffrou nie; ek was ’n gebore opvoeder. My gunsteling-habitat was die klaskamer, en my gunsteling-spesie was die "stroomop-kinders" – daardie rebelse siele wat ander onderwysers gry
Jul 123 min read


Koeie op rollercoasters
Breytenbach, Totius, Langenhoven... Ek het altyd ’n baie spesifieke droom gehad oor my lewe as ’n ma. In hierdie idilliese prentjie sit ek op ’n reënerige middag op die bed, ’n warm koppie tee in die hand. My pragtige kind sit knus teenaan my en lees die skone letterkunde met passie en vloeiendheid voor. Die sonlig skyn net reg, die atmosfeer is gevul met intellektuele stimulasie, en die alfabet maak volmaakte, harmonieuse sin. In my droom is daar 'n worshondjie wat kalm op d
Jul 43 min read


Die Ek-Etiket
Hier is ek. Vrou. Survivor. Draer van allerhande etikette. Blond, maar nie dom nie. Maer, maar nie honger nie. Taalliefhebber, maar nie puris nie. Konserwatief, maar oopkop. Dit is wie ek nog altyd is. Was. Nee, IS. Ek is wie ek nog altyd was, maar ek is ook sterker en meer bewus as vantevore. Ryker. Meer ervare. Ek weet sonder twyfel: ek pas nie in ’n boksie nie. Ek het nog nooit nie. Nie ek nie, en nog minder my kind. As ma van ’n neurodiverse kind leef ek daagliks in ’n
Jun 303 min read


Onwelkom
Toe skaduwees verdwaal het in hospitaalgange Toe die dood sy gesig teen die venster kom druk het Toe trane droog geword het op Netcare-kussingslope Toe die toekoms oor my kind onseker was was ek daar. Toe verpleegstershande my baken van hoop was Toe die blomme pap geword het in generiese vase Toe die hartmonitor se ritme jou gebed geword het Toe ‘n klein lyfie verbete geveg het was ek daar. Toe ‘n babastoeltjie eindelik in ‘n kar gelaai is Toe ‘n houtbedjie eindelik ‘n as
Jun 262 min read


Wie is ek NIE?
Ek is NIE mal nie. Ek is nie NET 'n ma nie.
Jun 183 min read


Perfek
Ek word wakker nog voor die wekker lui. Nie met die gewone oom-wat-40-Peter Stuvesant’s-rook-hoes of hare wat lyk soos ’n voëlnes wat deur ’n weerligstraal getref is nie. Nee, ek sit regop met perfekte grimering, vars asem, en sonder daardie permanente donker kringe onder my oë wat gewoonlik lyk asof ek deel is van ’n geheime boksgeveg-nagklub. Ek staan voor my kas en maak nie saak wat ek van die hanger afhaal nie, ek lyk perfek aanmekaar gesit. My metabolisme hardloop vinnig
Jun 102 min read
bottom of page