top of page


Waar is die juffrou?
As ’n onderwyseres het ek altyd die antwoord in die handboek gaan soek. Ek kon vir jou die volledige Krebs-siklus uitlê, die reëls van Mendel se genetiese oorerwing opnoem, of die presiese hormonale biochemie van ’n deursnee-tiener in die hitte van ’n detensieklas ontleed. Ek was nie sommer net ’n juffrou nie; ek was ’n gebore opvoeder. My gunsteling-habitat was die klaskamer, en my gunsteling-spesie was die "stroomop-kinders" – daardie rebelse siele wat ander onderwysers gry
Jul 123 min read


Die Neurobiologie van Outisme
Wanneer ons na die menslike brein kyk, sien ons ’n netwerk van miljarde neurone wat konstant met mekaar kommunikeer. By die meeste mense volg hierdie kommunikasie ’n voorspelbare pad, maar by sommige werk die bedrading fundamenteel anders. Outismespektrumsteurnis (OSS) is nie ’n sielkundige siekte of die gevolg van swak opvoeding nie; dit is ’n komplekse, neuro-ontwikkelingsteurnis met diepgaande biologiese wortels. In die afgelope jare het die mediese wetenskap reuse spronge
Jul 83 min read


Die Ek-Etiket
Hier is ek. Vrou. Survivor. Draer van allerhande etikette. Blond, maar nie dom nie. Maer, maar nie honger nie. Taalliefhebber, maar nie puris nie. Konserwatief, maar oopkop. Dit is wie ek nog altyd is. Was. Nee, IS. Ek is wie ek nog altyd was, maar ek is ook sterker en meer bewus as vantevore. Ryker. Meer ervare. Ek weet sonder twyfel: ek pas nie in ’n boksie nie. Ek het nog nooit nie. Nie ek nie, en nog minder my kind. As ma van ’n neurodiverse kind leef ek daagliks in ’n
Jun 303 min read


Wie is ek NIE?
Ek is NIE mal nie. Ek is nie NET 'n ma nie.
Jun 183 min read


Perfek
Ek word wakker nog voor die wekker lui. Nie met die gewone oom-wat-40-Peter Stuvesant’s-rook-hoes of hare wat lyk soos ’n voëlnes wat deur ’n weerligstraal getref is nie. Nee, ek sit regop met perfekte grimering, vars asem, en sonder daardie permanente donker kringe onder my oë wat gewoonlik lyk asof ek deel is van ’n geheime boksgeveg-nagklub. Ek staan voor my kas en maak nie saak wat ek van die hanger afhaal nie, ek lyk perfek aanmekaar gesit. My metabolisme hardloop vinnig
Jun 102 min read


'n Halwe Woord
Hulle sê altyd ’n ma se intuïsie is ’n soort bonatuurlike krag. Dat jy jou kind se siel kan lees lank voor hulle selfs kan praat. Dis hoekom ma's hul kleuters kan verstaan. 'n Goeie begrip het mos net 'n halwe woord nodig. Wel, blykbaar het ek die opdatering vir daardie spesifieke sagteware gemis. As ma-wees ’n eksamen is, sit ek gereeld voor ’n vraestel wat in ’n antieke, uitgestorwe dialek geskryf is, terwyl ek krampagtig my potlood kou. Dis erger as wiskunde somme wat deur
May 262 min read
bottom of page