top of page


Die Groot Teepartytjie
Ek het al die uitrustings reg gehad. In my kop was die draaiboek perfek uitgedink: ek en my kleinsussie in die fynste prinsesrokke met plastiekkrone wat skuins op ons koppe sit. Ons sou op die tapyt sit en Barbie-poppe met mekaar laat gesels, hul hare kam en vir hulle deftige stemmetjies gee. Ek sou die juffrou wees wat voor ’n ry teddiebere staan, en my sussie sou die blinkoog-leerder in die voorste ry wees wat haar hand vurig opsteek. Ek het selfs geglo ons sou eendag saam
Aug 64 min read


Waar is die juffrou?
As ’n onderwyseres het ek altyd die antwoord in die handboek gaan soek. Ek kon vir jou die volledige Krebs-siklus uitlê, die reëls van Mendel se genetiese oorerwing opnoem, of die presiese hormonale biochemie van ’n deursnee-tiener in die hitte van ’n detensieklas ontleed. Ek was nie sommer net ’n juffrou nie; ek was ’n gebore opvoeder. My gunsteling-habitat was die klaskamer, en my gunsteling-spesie was die "stroomop-kinders" – daardie rebelse siele wat ander onderwysers gry
Jul 123 min read


Die Ek-Etiket
Hier is ek. Vrou. Survivor. Draer van allerhande etikette. Blond, maar nie dom nie. Maer, maar nie honger nie. Taalliefhebber, maar nie puris nie. Konserwatief, maar oopkop. Dit is wie ek nog altyd is. Was. Nee, IS. Ek is wie ek nog altyd was, maar ek is ook sterker en meer bewus as vantevore. Ryker. Meer ervare. Ek weet sonder twyfel: ek pas nie in ’n boksie nie. Ek het nog nooit nie. Nie ek nie, en nog minder my kind. As ma van ’n neurodiverse kind leef ek daagliks in ’n
Jun 303 min read


Skadu's in my agterkop
Vier jaar terug het ons lewens onherroeplik verander. Die pad wat ons so netjies uitgelê en beplan het, het skielik voor ’n skerp vurk te lande gekom. Sonder waarskuwing moes ons ’n onbekende rigting inslaan—’n pad wat uiteindelik gelei het na alternatiewe onderrig vir ons unieke kind. Dit is ’n reis wat jy dikwels alleen stap, want as die buitewêreld se geraas te hard raak, moet jy die deur van jou eie binnekamer toetrek. Dit is dán, in die absolute stilte van daardie binnek
Jun 63 min read
bottom of page