top of page


Waar is die juffrou?
As ’n onderwyseres het ek altyd die antwoord in die handboek gaan soek. Ek kon vir jou die volledige Krebs-siklus uitlê, die reëls van Mendel se genetiese oorerwing opnoem, of die presiese hormonale biochemie van ’n deursnee-tiener in die hitte van ’n detensieklas ontleed. Ek was nie sommer net ’n juffrou nie; ek was ’n gebore opvoeder. My gunsteling-habitat was die klaskamer, en my gunsteling-spesie was die "stroomop-kinders" – daardie rebelse siele wat ander onderwysers gry
Jul 123 min read


Koeie op rollercoasters
Breytenbach, Totius, Langenhoven... Ek het altyd ’n baie spesifieke droom gehad oor my lewe as ’n ma. In hierdie idilliese prentjie sit ek op ’n reënerige middag op die bed, ’n warm koppie tee in die hand. My pragtige kind sit knus teenaan my en lees die skone letterkunde met passie en vloeiendheid voor. Die sonlig skyn net reg, die atmosfeer is gevul met intellektuele stimulasie, en die alfabet maak volmaakte, harmonieuse sin. In my droom is daar 'n worshondjie wat kalm op d
Jul 43 min read


Skuldgevoel
My dag is ‘n onophoudende klankgreep. Vandat ek sesuur opstaan tot lank nadat die son ondergegaan het, is dit net klanke, letters, nommers… My seuntjie praat. Hy praat oor die ruimte, oor dinosourusse (ek weet nie eers of ek hier reg spel nie, ek gee nie om nie en ek sal dit nie verander nie), oor sy speelgoed, oor wat hy gister gesien het, en oor dinge wat net in sy ryk, lewendige verbeelding bestaan. Hy stop nooit nie. Selfs as hy asem skep, voel dit of sy gedagtes reeds me
Jun 144 min read
bottom of page