Ek het alles presies uitgewerk. In my kop was die fliek reeds maande lank aan die speel: die reuk van die soutwater, die skree van die seemeeue en ek en my laaitie wat hand-aan-hand die branders stormloop. Ek sou hom leer swem. Ek sou hom wys hoe om die perfekte sandkasteel te bou, kompleet met 'n diep grag en 'n skulp-vlag op die hoogste toring. Ek het onsself gesien op helderkleurige body boards, waar ons die perfekte golf vang en met harde uitroepe van pure adrenalien op d