Ek kan alle krom pype reguit buig met bonatuurlike krag in my arms. Ek kan stukkende karre met die knip van my linkeroog weer laat klink soos 'n spliknuwe Ford. Vir my hele familie, en eintlik die hele dorp, is ek die man met die goue hande. Mense bring vir my horlosies wat twintig jaar gelede opgehou tik het, en binne vyf minute sing die ratte weer teen 'n pols. Ek sit stukkende tafels aanmekaar sonder lym. Ek dwing gebarste mure met een stewige druk van my handpalms terug i