Hulle sê altyd ’n ma se intuïsie is ’n soort bonatuurlike krag. Dat jy jou kind se siel kan lees lank voor hulle selfs kan praat. Dis hoekom ma's hul kleuters kan verstaan. 'n Goeie begrip het mos net 'n halwe woord nodig. Wel, blykbaar het ek die opdatering vir daardie spesifieke sagteware gemis. As ma-wees ’n eksamen is, sit ek gereeld voor ’n vraestel wat in ’n antieke, uitgestorwe dialek geskryf is, terwyl ek krampagtig my potlood kou. Dis erger as wiskunde somme wat deur