Toe skaduwees verdwaal het in hospitaalgange Toe die dood sy gesig teen die venster kom druk het Toe trane droog geword het op Netcare-kussingslope Toe die toekoms oor my kind onseker was was ek daar. Toe verpleegstershande my baken van hoop was Toe die blomme pap geword het in generiese vase Toe die hartmonitor se ritme jou gebed geword het Toe ‘n klein lyfie verbete geveg het was ek daar. Toe ‘n babastoeltjie eindelik in ‘n kar gelaai is Toe ‘n houtbedjie eindelik ‘n as